
SOEK EN JY SAL VIND
Verander jou gesin se Kersfees-kalender in ’n vreugdevolle en geestelike reis met “Soek en jy sal vind” — ’n 12-dag interaktiewe wegsteek-en-soek speletjie wat kinders help om op die ware betekenis van Kersfees te fokus.
Elke dag kan jou kind vir Jesus soek en vind, terwyl hulle stap-vir-stap leer van Jesus se geboorte en liefde. Elke dag is daar ‘n kaartjie beskikbaar wat jy vir jou kind kan lees en dan is daar ‘n kersfeesornament wat jy saam met die Jesus-Poppie wegsteek. Nadat jy die storie vir jou kind gelees het, kan julle die ornament op die kersboom gaan hang.
Eenvoudig, betekenisvol en geloofsverrykend. “Soek en jy sal vind” sal hierdie afwagtings-dae tot Kersfees’n kosbare herinnering maak, wat julle gesin vir altyd sal koester.
Ons hoop hierdie boksie bring die vreugde van Christus huis toe in hierdie Kerstyd.